Place Category: Suid-Afrikaanse Teaters

Profile
Profile
Map
Reviews
Related Listing
  • Die Centurion Teater is geleë naby die N1 Snelweg, op die Bothalaan afrit in Amkorweg. Hierdie stylvolle, volledige toegeruste teater is baie gesog by kunstenaars en die publiek aangesien dit voorsien in die behoeftes van die perfekte uitgaan-aand. Voeg daarby die beste kunstenaars; sangers en akteurs wat elke aand baie spesiale vertonings aanbied terwyl jy ontspan met n glas uitsoek wyn – wat meer kan jy van vermaak vra!

    Wat ons kan doen.

    By die CenturionTeater kan jy seker wees van gehalte vermaak in ‘n knus omgewing. Wat ook al jou behoeftes, die personeel gaan uit hul pad om jou geleentheid so spesiaal moontlik te maak. Daar is genoeg sitplekke om 245 gaste in Teaterstyl te akkommodeer en 100 mense sit gemaklik om gedekte tafels.

    Waarvoor die teater gebruik kan word ?

    Die Teater is meer as voldoende vir alle vertonings insluitende kabaret, komedie, drama en so meer en kan boonop ingespan word vir korporatiewe geleenthede, soos konferensies en seminare. By kunstenaars is gebruik van die Teater gewild vir CD-Vrystellings. Selfs ‘n Verjaardagpartytjie kan gereël word waar jou gunsteling kunstenaar kan optree.

    Hoekom ons gebruik.

    Centurion Teater spits hom daarop toe om vertonings in ‘n ontspanne en intieme atmosfeer aan te bied. Die grootte van die Teater is van sò ‘n aard dat dit bydra tot die intimiteit daarvan.

  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    2 × four =