Kundigheid. Ondervinding. Netwerk.

Kunste Onbeperk bied verskeie projekte en dienste aan om die bedryf van kunste te bevorder.

So kan ons jou help

Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Die KKNK vind jaarliks op Oudtshoorn plaas en bring kunstenaars, uit verskeie genres van vermaak, en feesgangers saam vir ‘n week van kunste en joligheid. Klik hier vir meer inligting.

Klein Karoo Klassique

‘n Jaarlikse klassieke musiek-, kos-, wynfees wat in Augustus op Oudtshoorn plaasvind. Klik hier vir meer inligting.

Uitkampteater

Uitkampteater het vanjaar sy buiging in Suid-Afrika by die KKNK gemaak. Hierdie konsep, uit Nederland, bring ’n groep kunstenaars byeen met die doel om treffende kort produksies op te voer. Elke vertoning vind in sy eie tentjie plaas. “Uitkampteater” word “Tentjestheater” in Nederland genoem.

Opvoedkundige Ondersteuning

Kunste Onbeperk ondersteun opvoedkundige projekte om die ontwikkeling van kunste op verskillende vlakke te bevorder. Klik hier vir meer inligting.

Suid-Afrikaanse Teaters

Kunste Onbeperk het ‘n databasis met inligting oor teaters regoor Suid-Afrika, wat vir die aanbied van produksies gebruik kan word. Klik hier vir die databasis.

Produksie-verskaffers

Kunste Onbeperk het ‘n databasis met kontak-inligting van verskaffers van produksie-toerusting soos ligte, verhoogtoerusting en dekor. Klik hier vir die databasis.

Event-verskaffers

Kunste Onbeperk het ‘n databasis van ondernemings wat spesialiseer in die verskaffing van infrastruktuur vir buitelug-events. Dit sluit tente, verhoë en stellasies in. Klik hier vir die databasis.

Byderhand Kontaknommers

Belangrike kontaknommers van ondernemings en organisasies wat produksiebestuurders in die kunste kan nodig kry. Klik hier.

Teksmark

Kunste Onbeperk se Teksmark is ’n opwindende nuwe projek vir skrywers, met die doel om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste in Afrikaans te ontwikkel. Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) kan deelneem. Gaan na die blad.

ESAT

‘n Aanlyn-ensiklopedie vir die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, vir individue soos akteurs en skrywers en produksies soos flieks of TV-reekse. Gaan na die blad.

TBF

Die Teater Bystandsfonds bied steun aan siek, noodlydende of bejaarde kunstenaars in Suid-Afrika. Dit sluit onder meer akteurs, tegnici, kunste-joernaliste en fotograwe in.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 Kunste Onbeperk. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?