Die Huis van Bernarda Alba

Na die dood van haar tweede man, lê Bernarda Alba, die stoere matriarg, ’n vonnis van rou op. Vir twee jaar sal haar dogters agter slot en grendel leef. In dié versmorende hitte broei ’n rebellie uit. In die naam van die Vader, die liefde en die leemte. Die bekroonde regisseur Christiaan Olwagen (Die Seemeeu en Wie’s bang vir Virginia Woolf) verwerk ’n kontemporêre weergawe, van die klassieke Spaanse drama, wat vir twee Kannas genomineer is.

DIE GESKIEDENIS

Die Huis van Bernarda Alba is oorspronklik ’n klassieke Spaanse toneelstuk genaamd La Casa de Bernarda Alba, geskryf deur die Spaanse dramaturg Federico García Lorca. Lorca beskryf die toneelstuk as ‘n drama van vroue in die dorpe van Spanje. Die Huis van Bernarda Alba was Lorca se laaste toneelstuk en was op 19 Junie 1936, twee maande sy dood tydens die Spaanse Burgeroorlog, voltooi. Die toneelstuk is die eerste keer op 8 Maart 1945 in die Avenida Teater in Buenos Aires opgevoer.

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Bernarda-05 (1)
Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Bernarda-01

DIE AKTEURS

Antoinette Kellermann vertolk die ikoniese rol van Bernarda Alba, saam met Dawid Minnaar, Lida Botha, Joanie Combrink, Tinarie van Wyk Loots, Cintaine Schutte, Lorraine Burger, Mariechen Vosloo en Anoecha Krüger.

ANTOINETTE KELLERMANN

Kellermann keer na 43 jaar terug na die ikoniese rol van die matriarg, Bernarda Alba, in Die Huis van Bernarda Alba, ’n rol wat sy 1973 as student vertolk het.

Sy doseer tans aan die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement en draai nie doekies om wanneer dit by die voortbestaan van verhoogkuns kom nie

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Bernarda-03
Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Bernarda-04

LIDA BOTHA

Lida Botha is ’n vryskutaktrise vir radio, televisie en die verhoog. Ná skool het sy aan die Universiteit van Kaapstad studeer.

Sy is bekend vir die TV-reeks Oupa en Ouma Sit op die Stoep en gevolglike Oupa en Ouma Sit op die Stoep en Raak Romanties. Sy is in 2016 genomineer vir die Kanna vir Beste Vroulike Byspeler.

DAWID MINNAAR

Dawid Minnaar is ‘n Afrikaanse akteur, deesdae bekend as dr. Franz Basson van die KykNET-sepie, Binnelanders. Na ‘n jaar van verpligte militêre diens studeer hy drama aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad.

In 1981 begin hy sy professionele loopbaan as akteur deur by die uitvoerende kunsteraad van Suidwes-Afrika aan te sluit. Minnaar is vanjaar genomineer vir die Kanna vir Beste Manlike Byspeler.

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Bernarda-02

Die Huis van Bernarda Alba word deur Kunste Onbeperk aangebied en was by KKNK 2016 te sien.

Foto’s van produksie: Hans van der Veen

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 Kunste Onbeperk. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?