Heidi

’n Musikale weergawe van Heidi, die storie van die gelyknamige boek deur die Switserse skrywer Johanna Spyri, van die weeskind wat by haar Oupa in die Alpe gaan bly. Die boek is in 1879 gepubliseer. In die musiekblyspel beleef die gehoor haar avonture as sy saam met bokwagter Peter en Snoekie, die bokkie, oor berge huppel. Hulle volg haar spoor na Frankfurt waar sy en vriendin Klara onder Juffrou Rottenmeier deurloop en eindig die terugreis by Oupa waar die heilsame Alpe vir Klara genesing bring. Uitbundig soos die jeug en hartroerend soos die herontmoeting met ’n ou vriend – kom huppel saam op bekende paaie.

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Heidi-05

GESKIEDENIS

Heidi is oorspronklik gepubliseer in 1881. Dit is aanvanklik in twee dele gepubliseer, Heidi: haar jare van swerf en leer en Heidi: Hoe sy gebruik wat sy geleer het. Dit is ’n roman oor die gebeure in die lewe van ’n jong meisie wat in die sorg van haar oupa, in die Switserse Alpe geplaas word en is een van die top-verkopers ooit geskryf, asook een van die bekendste werke in Switserse literatuur.

DIE ROLVERDELING

Tobie Cronjé, Dawid Minnaar, Albert Maritz, Ilse Klink, Karli Heine, Lynelle Kenned, Jill Middlekop, Dean Balie en Marlo Minnaar is in die teaterproduksie te sien, onder regie van Francois Toerien.

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Heidi-01
Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Heidi-02

TOBIE CRONJÉ

Tobie Cronjé is ’n bekende Afrikaanse akteur (verhoog, TV en rolprent). Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer, waarna hy vir ’n motorversekeringsmaatskappy gewerk het en musieklesse gegee het. Hy maak sy debuut in die rolprent Die Sersant en die Tiger Moth.

Cronjé vertolk die rol van Juffrou Rottenmeier en het baie lof ontvang vir sy vertoning by die KKNK 2016.

KARLI HEINE

Karli Heine vertolk die rol van Heidi. Sy ontvang in 2012 haar graad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch en in 2013 ’n honneursgraad in Drama, met ’n fokus op kabaret. Heine ontvang in 2013 ’n Fiësta-toekenning vir beste vroulike byspeler vir haar rol as Babie in Op dees aarde.

Heine is geprys vir haar rol as dié weeskind tydens die KKNK in 2016.

Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Heidi-03
Kunste-Onbeperk-web-images-500x400-Heidi-04

MYNIE GROVÉ

Mynie Grové is ’n bekende Suid-Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer en komponis. Sy het bekendheid verwerf met liedjies soos Ek Verlang Nog Altyd (saam met Jan Grové) en kinderliedjies soos Pinocchio en Tien klein Paddatjies. Grové het oorspronklike musiek vir die produksie geskryf.

Kunste Onbeperk is die vervaardiger van dié musiekblyspel, wat in 2016 by die KKNK gedebuteer het. Heidi bied heerlike vermaak vir kinders en sorg vir nostalgie onder ouer gehore. Laevelders kan uitsien na die produksie wanneer die Alpe ’n draai by Innibos in Nelspruit maak, waarna die berge na die Vrystaat vir die Vrystaat Kunstefees verskuif en later ook na Potchefstroom vir Aardklop. (meer inligting hieronder).

Foto’s van produksie: Hans van der Veen

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 Kunste Onbeperk. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?