Welkom by
KUNSTE ONBEPERK

Gereedskap om die kunste te bedryf.

Vakatures
Teksmark
Kunste Onbeperk is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat daarop fokus om enersyds kuns en kunstenaars se optredes voor die algemene publiek te fasiliteer en andersyds met die bedryf te integreer om die nodige bedryfsondersteuning te bied.
Ons fokus daarop om die industrie selfstandig te laat groei.
Ons is ‘n dinamiese, aanpasbare maatskappy wat kuns op diverse vlakke bedryf.
Kunste Onbeperk befonds en bedryf talle teaterproduksies wat by feeste en ander geleenthede regoor Suid-Afrika aangebied word.

Kunste Onbeperk bied verskeie projekte en dienste,
wat die kunste bevorder, aan.


KLEIN KAROO KLASSIQUE

‘n Jaarlikse klassieke musiek-, kuns-, kos- en wynfees wat in Augustus op Oudtshoorn plaasvind. Klik hier vir meer inligting.

TEKSMARK

Kunste Onbeperk se Teksmark is ’n opwindende nuwe projek vir skrywers, met die doel om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste in Afrikaans te ontwikkel.  

UITKAMPTEATER

Hierdie konsep, uit Nederland, bring ’n groep kunstenaars byeen met die doel om treffende kort produksies op te voer. Elke vertoning vind in sy eie tentjie plaas.

KKNK

Die KKNK vind jaarliks op Oudtshoorn plaas en bring kunstenaars, uit verskeie genres van die vermaaklikheidsbedryf en feesgangers saam vir ’n week van kunste en joligheid. Klik hier vir meer inligting.

SUID-AFRIKAANSE TEATERS

Kunste Onbeperk ontwikkel ’n databasis met inligting oor teaters regoor Suid-Afrika, wat vir die aanbied van produksies gebruik kan word. 

PRODUKSIE VERSKAFFERS

Kunste Onbeperk ontwikkel ’n databasis wat kontakinligting van verskaffers van produksie-toerusting soos ligte, verhoogtoerusting en dekor, bevat.

Van ons produksies

Kunste Onbeperk befonds en bedryf talle teaterproduksies wat by feeste en ander geleenthede regoor Suid-Afrika aangebied word. Die skep van debuutwerke is ’n belangrike fokus van die maatskappy. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is die kern van ons projekte.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google